2I/Borisov

2I/Borisov (voorheen bekend as C/2019 Q4 (Borisov)) is die eerste interstellêre komeet en slegs die tweede interstellêre liggaam, naas 1I/ʻOumuamua, wat in die Sonnestelsel waargeneem is. Dit het ’n heliosentriese baaneksentrisiteit van 3,4 en en is nie aan die Son gebonde nie. Die komeet het teen einde Oktober 2019 deur die Sonnestelsel beweeg en op 8 Desember op sy naaste afstand aan die Son gekom: net meer as 2 AE In November 2019 het sterrekundiges van die Yale-universiteit gesê die komeet (insluitende sy koma en stert) was 14 keer so groot soos die Aarde. Middel Maart 2020 is gesien dat die komeet aan die opbreek is en in April was daar nog tekens van opbreking.


Developed by StudentB