In chemie is die aktiveringsenergie 'n begrip wat in 1889 deur Svante Arrhenius bekend gestel het wat gedefinieer word as die energie wat verskaf moet word vir 'n chemiese reaksie om plaas te vind. Aktiveringsenergie kan ook beskryf word as die minimum energie wat benodig word vir 'n spesifieke chemiese reaksie om plaas te vind. Die aktiveringsenergie van 'n reaksie word gewoonlik aangedui met Ea in eenhede van kilojoule per mol.
'n Mens kan aan die aktiveringsenergie dink as die hoogte van 'n potensiaaldrumpel (ook soms die energiedrumpel) wat die twee minima van potensiële energie skei (van die reagense en die produkte van die reaksie onderskeidelik). As 'n chemiese reaksie teen 'n merkbare tempo geskied moet daar 'n merkbare aantal molekules wees wat oor energie gelykstaande of meer as die aktiveringsenergie beskik.