Akula Akula-klasduikboot in die Russiese Oossee | |
---|---|
Land: | Russiese Federasie. |
In gebruik by: | Russiese Vloot. |
Eerste boot: | 1984. |
Klas: | Duikboot met kernkragaandrywing Russies: Podwodnaja Lodka Atomnaja (PLA). |
Massa: | 5 700-7 500 ton, oppervlak 7 900-9 100 ton, onderwater |
Lengte: | 108,0 – 111,7 m. |
Aandrywing: | 1 190mw OK-650B-keteldruk-waterverkoelde kernreaktor. 1 OK-7 stoomturbine 43 000 pk (32mw) |
Snelheid: | 20 knope (37 km/h) op oppervlak 35 knope (65 km/h) onderwater, duikend |
Dieptes: | 450 m-toetsdiepte 550 m-maksimumdiepte 600-660 m-selfvernietigingdiepte |
Wapentuig aanboord: | Vier 533 mm-torpedobuise (plus ses eksterne 533 mm-buise aan die Verbeterde Akula en Akula II’s) Vier 650 mm-torpedobuise |
Sonar: | MGK-503-M Skat-versend/luister-sonar Sywaartse opsporingsensors |
Snelheid: | 20 knope |
Die Russiese Akula duikboot is een van die grootste, stilste en bes bewapende duikbote in die wêreld. Dit blyk onderwater veel stiller te wees as soortgelyke Amerikaanse duikbote. Dit staan by NAVO bekend as die 'Tifoon'- duikboot. Die eerste groep Akula-duikbote is tussen 1982 en 1986 vervaardig, daarna die verbeterde Akula tussen 1986 en 1991, gevolg deur die Akula II wat na 1991 vervaardig word.
Die Akula het 'n dubbele boegstruktuur waarmee dit veel dieper kan duik as enige ander duikboot. Aan die stert is daar 'n boggel, waar 'n luistersensor op sleeptou gestoor word. As die boot begin vaar word die sensor uitgerol, tot 2 km agter die boot. Alle Akula-duikbote het 'n 533 mm-torpedobuis vir Tipe 53-torpedo's (soos die Shkval-torpedo) of SS-N-15 Starfish-missiele/torpedo's. In die 650 mm-torpedobuise word Tipe 65-torpedo's en/of SS-N-16 Stallion-torpedo's gelanseer.
Die gevorderde Akula en Akula II het op hul romp aan die buitekant nog ses ekstra 650 mm-torpedobuise.
Die Russiese Akula-duikbote is gewapen met ballistiese kernmissiele waarmee teikens tot 3 000 km vanaf lansering getref kan word. Rusland mag weens internasionale verdrae geen missiele uitvoer met 'n reikafstand van meer as 500 km nie.
NAVO-naam: Akula (Afrikaans: Haai)
Sowjet-projeknommer: 971
Sowjet-naam: Sjtsjoeka-B (Russies: Щука-Б)
Tipe boot: ядерная включенная субмарина (kernaangedrewe duikboot)