Amoer-oblast Амурская область | ||||
Die ligging van Amoer-oblast in Rusland. | ||||
Politieke status | ||||
Land | Russiese Federasie | |||
Federale distrik | Verre-Oosterse | |||
Ekonomiese streek | Verre-Oosterse | |||
Stigting | 20 Oktober 1932 | |||
Regering | ||||
Hoofstad | Blagowesjtsjensk | |||
Leier | Aleksander Kozlov | |||
Amp | Goewerneur | |||
Wetgewer | Wetgewende Vergadering | |||
Bevolking | ||||
Sensus | 2010 | |||
Totaal | 830 103 | |||
Volgorde | 61ste | |||
Digtheid | 2,28/km2 | |||
Stedelik | 66,8% | |||
Plattelands | 33,2% | |||
Statistiek | ||||
Oppervlakte | 363 700 km2 | |||
Volgorde | 14de | |||
Tydsone | UTC+10:00 | |||
Registrasienommer | 28 | |||
Amptelike tale | Russies | |||
Webtuiste | http://www.amurobl.ru/ | |||
Wapen en vlag | ||||
| ||||
|
Amoer-oblast (Russies: Аму́рская о́бласть, Amoerskaja oblast) is ’n deelgebied van Rusland. Dit lê aan die oewers van die Amoer- en die Zeja-rivier in die Verre-Oosterse Federale Distrik en die hoofstad is Blagowesjtsjensk.
Dit grens aan die Republiek van Sacha (Jakoetië) in die noorde, Chabarofsk-krai en die Joodse Outonome Oblast in die ooste, China in die suide en Zabaikalski-krai in die weste. Dit het in 2008 ’n bevolking van 869 600 gehad.[1]
Amoer-krai (Аму́рский край) en Priamoerje (Приаму́рье) is nie-amptelike name wat in die tyd van die Russiese Ryk gebruik is vir Russiese gebiede aan die Amoer-rivier. Dit stem min of meer ooreen met die huidige Amoer-oblast.
Die administratiewe hoofstad van die streek, Blagowesjtsjensk, is een van die oudste nedersettings in die Russiese Verre-Ooste. Dit is in 1856 gestig en is ’n tradisionele sentrum van handel en die goudmynbedryf. Die gebied kan met twee spoorlyne bereik word, die Transsiberiese Spoorlyn en die Baikal-Amoer-hooflyn.