Angika अंगिका | ||
---|---|---|
Gepraat in: | Indië Nepal | |
Gebied: | Suid-Asië | |
Totale sprekers: | 15 miljoen[1][2] | |
Taalfamilie: | Indo-Europees Indo-Irannees Indo-Aries Oos-Indo-Aries Bihari Angika | |
Skrifstelsel: | Devanagari | |
Amptelike status | ||
Amptelike taal in: | Indië[3] | |
Gereguleer deur: | geen | |
Taalkodes | ||
ISO 639-1: | geen | |
ISO 639-2: | anp | |
ISO 639-3: | anp | |
Nota: Hierdie bladsy kan IFA fonetiese simbole in Unicode bevat. |
Angika (अंगिका) is 'n Indo-Ariese taal wat deur sowat 15 miljoen mense in die Indiese deelstate Bihar en Jharkhand gebesig word.[4]
Alhoewel die aantal mense wat Angika besig, groot is, word dié taal in die grondwet van Indië nie erken nie. In Bihar word Hindi as onderwys- en amptelike taal gebruik.[5]
Angika behoort tot die Bihari-tale, d.w.s. tale wat nou verwant is aan Hindi en soms as dialekte van dié taal beskou word. Die Bihari-tale vorm 'n dialekkontinuum wat 'n presiese afbakening van enkele tale moeilik maak. Sedert Maart 2018 is Angika een van die Indiese deelstaat Jharkhand se ampstale.[6] Aangesien alle inheemse moedertale van Nepal as nasionale tale erken word, dien Angika as een van Nepal se baie nasionale tale.