Kaart | Wapen |
Vlag | |
Land | Turkye |
Streek (Bölge) | Sentraal-Anatolië |
Provinsie (il) | Ankara |
Koördinate | 39°55′N 32°51′O / 39.917°N 32.850°O |
Stigting | |
Oppervlakte: | |
- Totaal | 24 521 vk km |
Hoogte bo seevlak | 938 m[1] |
Bevolking: | |
- Totaal (2021) | 5 156 573[2] |
- Bevolkingsdigtheid | 1 863/vk km |
- Metropolitaanse gebied | 5 747 325[3] |
Tydsone | UTC +2 (OET) |
- Somertyd | UTC +3 (OEST) |
Burgemeester (2008–2014) | Mansur Yavaş (CHP) |
Amptelike Webwerf | ankara.bel.tr ankara.gov.tr |
Ankara (Turks: [ˈaŋkaɾa], ; vroeër bekend as Angora) is sedert 1923 die hoofstad van Turkye en die tweede grootste stad naas Istanboel. Die stad het in 2021 'n bevolking van 5 156 573 en van 5 747 325 in die metropolitaanse gebied gehad.
Ankara is ook die hoofstad van die gelyknamige provinsie. In 1923 is Izmir die tweede grootste stad van die land, maar oor die jare is die stad deur Ankara ingehaal wat bevolking betref.
Vanaf 1920 was Ankara die hoofkwartier van Atatürk, die stigter van die huidige Republiek Turkye. Sedert die stigting van die Republiek in 1923 is die stad die hoofstad van Turkye, wat Istanbul (eens die Bisantynse hoofstad Konstantinopel) vervang het ná die val van die Ottomaanse Ryk. Ankara is 'n belangrike kommersiële en industriële sentrum, geleë op die kruispad van Turkye se pad- en spoornetwerke. Die stad het sy naam te danke aan die wol wat van angorakonyne ("angorawol"), angorabokke ("bokhaar") en die angorakat kom.
Die area is ook bekend vir sy pere, heuning en muskaatdruiwe. Alhoewel dit in een van die droogste streke van Turkye geleë is en deur steppe-plantegroei omring is, kan Ankara steeds as 'n "groen stad" beskou word in terme van die hoeveelheid groen per inwoner.
Ankara is 'n baie ou stad met verskeie Hetitiese, Frigiese, Hellenistiese, Romeinse, Bisantynse en Ottomaanse argeologiese oorblyfsels. Die historiese sentrum van die stad is geleë op 'n 150 m rotsagtige heuwel op die linkeroewer van die Ankara Çayı. Op die heuwel is nog 'n paar ruïnes van antieke Romeinse en Ottomaanse argitektuur. Die opvallendste is die Augusteum, wat die Monumentum Ancyranum met die inskripsies van Res gestae divi Augusti bevat.
Ankara het 'n uitgebreide metronetwerk en is die tuiste van baie universiteite sowel as die Turkse militêre akademie. Die stad is op 'n gemiddelde hoogte van 938 meter bo seespieël geleë.