Apatosaurus | |
---|---|
Wetenskaplike klassifikasie | |
Koninkryk: | |
Filum: | |
Klas: | |
Superorde: | |
Orde: | |
Suborde: | |
Familie: | |
Genus: | †Apatosaurus (Marsh, 1877)
|
Tipespesie | |
†Apatosaurus ajax | |
Ander spesies | |
(Holland, 1916) |
Apatosaurus | ||||||||||
---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|
Kladistiese klassifikasie | ||||||||||
|
Apatosaurus ("misleidende akkedis") is ’n genus van souropode-dinosourusse wat in die Laat Jura-periode in Noord-Amerika voorgekom het. Dit is aanvanklik in 1877 deur Othniel Charles Marsh beskryf en hy het die eerste bekende spesie Apatosaurus ajax genoem en die tweede spesie, wat in 1916 ontdek is, Apatosaurus louisae. Hulle is tussen 152 miljoen en 151 miljoen jaar oud en het in die Titonium-tydsnede van die Jura voorgekom. Brontosaurus is lank beskou as ’n sinoniem vir die Apatosaurus en sy tipe-spesie is in 1903 hernoem tot A. excelsus.
’n Uitgebreide studie wat in 2015 gepubliseer is, het egter bevind Brontosaurus was ’n geldige souropode-genus wat verskil het van Apatosaurus.[1][2] Volgens dieselfde studie is nog twee spesies wat voorheen as Apatosaurus beskou is, hernoem tot Brontosaurus parvus en Brontosaurus yahnahpin.[1]