Arhat | ||
Die standbeeld van ’n sittende arhat (Britse Museum). | ||
Vertalings | ||
Sanskrit | अर्हत् | |
Pali | arahant | |
Bengaals | অর্হৎ (ôrhôt) | |
Singalees | රහත් | |
Tibettaans | dgra bcom pa | |
Thai | อรหันต์ | |
Viëtnamees | a-la-hán | |
Tradisionele Sjinees | 阿羅漢, 羅漢 (āluóhàn, luóhàn) | |
Vereenvoudigde Sjinees | 阿罗汉, 罗汉 | |
Japannees | 阿羅漢, 羅漢 (arakan, rakan) | |
Koreaans | 아라한, 나한 (arahan, nahan) |
’n Arhat (Sanskrit, Pali: arahant, "iemand wat agtenswaardig is")[1] is in Theravada-Boeddhisme ’n "perfekte mens"[2] wat nirwana bereik het.[1][2] In ander Boeddhistiese tradisies word die term ook gebruik vir iemand wat op die pad van Verligting gevorder het, maar nog nie volle Boeddhaskap bereik het nie.[3]
Die begrip van die konsep het deur die eeue verander en verskil van skool tot skool en van streek tot streek. In die vroeë Boeddhisteskole was daar ’n verskeidenheid maniere om ’n arhat te word.
Mahayana-Boeddhiste word aangespoor om ’n bodhisattva te word en nie terug te keer na die vlak van ’n arhat nie.[4]
In Mahayana-Boeddhisme is ’n groep van Agttien Arhats, met name en persoonlikhede, beskou as wagtend op die terugkeer van die Boeddha as Maitreya, en ander groepe van 6, 8, 16, 100 en 500 arhats word ook in die tradisie en Boeddhistiese kuns aangetref, veral in Oos-Asië.[3] Hulle kan beskou word as die Boeddhistiese weergawe van die Christelike heiliges of apostels.[3]