Armeens հայերէն of հայերեն, hayeren | ||
---|---|---|
Uitspraak: | [hɑjɛˈɾɛn] | |
Gepraat in: | Armenië Azerbeidjan Frankryk Georgië Rusland Verenigde State | |
Gebied: | Kaukasus | |
Totale sprekers: | 5,3 miljoen[1] | |
Rang: | 94 | |
Taalfamilie: | Indo-Europees Armeens | |
Skrifstelsel: | Armeense alfabet | |
Amptelike status | ||
Amptelike taal in: | Armenië Republiek Artsach | |
Gereguleer deur: | Instituut van Armeens | |
Taalkodes | ||
ISO 639-1: | hy
| |
ISO 639-2: | hye
| |
ISO 639-3: | hye
| |
Nota: Hierdie bladsy kan IFA fonetiese simbole in Unicode bevat. |
Armeens (հայերէն/հայերեն, hayeren, [hɑjɛˈɾɛn]) is 'n Indo-Europese taal wat deur sowat 6,7 miljoen mense in Armenië, Georgië, Azerbeidjan en Rusland gepraat word. Armeens is die amptelike taal van Armenië en beskik oor sy eie unieke alfabet, die Armeense alfabet, wat in 406 n.C. deur Mesrob Mashtots, 'n monnik, teoloog en taalkundige, ontwikkel is.
Armeens word in altesaam vier taalvorme verdeel:
Ten opsigte van sy woordeskat toon Armeens baie ooreenkomste met die Griekse taal, soos uit parallele etimologiese wortels blyk. Taalkundiges neem dan ook aan dat daar 'n nou verwantskap tussen dié twee tale bestaan. Armeens het daarnaas ook woorde uit Irannese tale, Parthies, Middel-Persies, Persies, Frans, Latyn en veral Russies (veral tegniese vakterme en woorde uit die omgangstaal) ontleen.
Weens die groot aantal leenwoorde uit Irannese tale is Armeens vroeër valslik as 'n Irannese dialek beskou. Ná die onafhanklikwording van Armenië geniet taalsuiwering en taalkultuur steeds meer aandag.