Ascomycota | |
---|---|
Sarcoscypha coccinea | |
Wetenskaplike klassifikasie | |
Domein: | Eukaryota |
Koninkryk: | Fungi |
Subkoninkryk: | Dikarya |
Divisie: | Ascomycota (Berk.) Caval.-Sm. (1998)[1] |
Subfilums | |
Die ascomycota is 'n filum binne die koninkryk swamme met ongeveer 32 000 lewende spesies. Dit is die grootste groep binne die swamkoninkryk.[2] Lede van die filum ascomycota staan bekend as askomisete. Hierdie filum omvang alle morieljes (eetbare sampioene) en knolswamme (truffels).[2] Die oorgrote meerderheid korsmosse (ligene), wat vorm weens die interaksie tussen 'n swamorganisme en 'n fotosintetiserende organisme (soos alge of sianobakterieë), is ook askomisete.[2]
Die basidiomisete, tesame met askomisete, vorm die subkoninkryk dikaria binne die koninkryk fungi.[3] Daar word dikwels na die basidiomisete en askomisete as die “hoër fungi” verwys.[3]
Askomisete is swamme waarvan die filamente verdeel is deur sellulêre tussenwande wat septa genoem word.[4] Hierdie fungi produseer seksuele spore wat bekend staan as askospore wat in sakvormige strukture (aski’s) gevorm word.[4] Askomisete vorm ook aseksuele spore, wat as konidia bekend staan.[4] Daar is wel sommige spesies van asomycota wat aseksueel is en nie aski’s of askospore vorm nie.[4] ʼn Algemene naam vir askomisete is sakswamme.