Kaart | Wapen |
Vlag | |
Land | Eritrea |
Streek | Maekel |
Koördinate | 15°19′N 38°55′O / 15.317°N 38.917°O |
Stigting | 12de eeu |
Oppervlakte: | |
- Totaal | 45 vk km |
Hoogte bo seevlak | 2 325 m |
Bevolking: | |
- Totaal (2020) | 963 000 |
- Bevolkingsdigtheid | 19 911/vk km |
Tydsone | UTC +3 (OAT) |
Burgemeester | Fshaye Haile |
Asmara (Arabies: أسمرة, Tigrinya: ኣስመራ, voorheen Asmera) is die hoofstad en grootste stad van Eritrea met 'n bevolking van 963 000 in 2020 en 'n oppervlakte van 45 km².[1] Die stad is in die sentrum van Eritrea in die Groot Skeurvallei geleë. Asmara is bekend vir sy goed bewaarde koloniale Italiaanse Modernistiese argitektuur.[2] Die Modernistiese stad van Asmara is in 2017 deur Unesco as wêrelderfenisgebied gelys.