Kaart | Wapen |
Vlag | |
Land | Kasakstan |
Koördinate | 51°10′N 71°26′O / 51.167°N 71.433°O |
Stigting | 1830 |
Oppervlakte: | |
- Totaal | 810,2 vk km |
Hoogte bo seevlak | 347 m |
Bevolking: | |
- Totaal (2020) | 1 136 008 |
- Bevolkingsdigtheid | 1 300/vk km |
Tydsone | UTC +6 (ALMT) |
Burgemeester | Altai Kölgınof |
Amptelike webwerf | astana.gov.kz |
Astana (Kasaks: Астана, [ɑstɑnɑ], , letterlik: "hoofstad"; Russies: Астана), tot 2022 onderskeidelik bekend as Akmola, Tselinograd, Akmolinsk of Noer-Soeltan, is sedert 1997 die hoofstad en tweede grootste stad van Kasakstan naas Almati met 'n oppervlakte van 710,2 km² en 'n bevolking van meer as een miljoen in 2020. Die stad is langs die Isjimrivier, in Kasakstan Esil genoem, geleë.
Voor 1997 was Astana 'n onbeduidende stad in die sentrum van Kasakstan met sy tipiese steppeklimaat. Nadat dit deur president Noersoeltan Nazarbajef tot die nuwe hoofstad van die land en 'n simbool van nasionale eenheid verklaar is, is internasionaal bekende argitekte soos Norman Foster uitgenooi om nuwe geboue te ontwerp. Na die aftrede van president Noersoeltan Nazarbajef op 20 Maart 2019 is Astana na Noer-Soeltan herdoop.[1] In 2022 het die Kasakse parlement egter besluit om die stad se naam in Astana terug te verander.[2]