Aswoensdag (Latyn: Feria quarta cinerum, letterlik: "vierde dag" (= Woensdag) "van die as" of Dies cinerum, "dag van die as", ook "Asdag" genoem) is in die Rooms-Katolieke Kerk sedert die pontifikaat van Pous Gregorius I (590–604) die eerste dag van die 40 dae se vastyd, waarin Christene hulself vir Paasfees voorberei.[1] Die dag voor Aswoensdag word Vasaand of Vette Dinsdag genoem.
Op Aswoensdag word tydens die kerkdiens die as van die verbrande palmtakke van verlede jaar gewy en op die voorkop van die gelowiges in die vorm van 'n kruis geteken. Die ontvangs van die askruis word as 'n teken met 'n helende effek, die sakramentaliëe, beskou.
Die vastyd sal aan die 40 dae, wat Jesus met vas en gebed in die woestyn deurgebring het (Matteus 4,2),[2] herinner en die gelowiges op Paasfees voorberei. Omdat die vastyd in die Oosters-Ortodokse Kerk op Sondagaand van die sewende week voor Paasfees begin, is die tradisie van 'n Aswoensdag in die Oosterse liturgie onbekend.
Veertig dae en veertig nagte het Hy niks geëet nie en naderhand het Hy honger geword.