Atena | |
---|---|
Griekse Olimpiese godin | |
Naam | Atena |
Godin van | Wysheid, oorlog, vaardigheid |
Blyplek | Die berg Olimpus |
Simbool | Uil |
Ouers | Zeus en Metis |
Peetma van | Erichtonios |
Romeinse eweknie | Minerva |
Atena of Athena (Grieks: Ἀθηνᾶ) is in die Griekse mitologie die godin van wysheid, oorlog, strategie, nywerheid, die reg en vaardigheid; sy is ook die maagdelike beskermgod van Athene, Griekeland. Die Parthenon, wat op die Akropolis staan, is ter ere van haar gebou.
Haar eweknie in die Romeinse mitologie is Minerva.