Ibn Rušd ابن رشد Averroes | |
Geboortenaam | Abū 'l-Walīd Muḥammad |
---|---|
Gebore | Córdoba, Al-Andalus, Almoravid-dinastie (nou Spanje) | 14 April 1126
Oorlede | 10 Desember 1198 (op 72) Marrakesj, Magreb, Almohad-dinastie (nou Marokko) |
Vakgebied | Islamitiese teologie, filosofie, wiskunde, medisyne, fisika, astronomie |
Bekend vir | Rekonsiliasie van Aristotelianisme met Islam |
Beïnvloed deur | Aristoteles, Alexander van Aphrodisias, Philoponus, Al-Farabi, Ibn Bājja, Ibn Zuhr |
Invloed op | Siger van Brabant, Boetius van Dacia, Thomas van Aquino,[1] Maimonides,[2] Baruch Spinoza[3] |
Abū 'l-Walīd Muḥammad ibn Aḥmad ibn Rushd, beter bekend as Ibn Rushd of as Averroes (Córdoba (Spanje), 1126 – Marrakesj (Marokko), 1198) was 'n Islamitiese juris, dokter en filosoof. Van die vroeë Islamitiese geleerdes was hy die mees beduidende kenner van die filosofie van Aristoteles.
Averroes was nie alleen 'n Aristoteles-kommentator by uitstek nie, maar toon homself as 'n ware veelweter. Hy was 'n meester in Islamitiese filosofie, teologie, die Malikiete reg, die Islamitiese regspleging, logika, psigologie en politiek. Hy was ook onderlê in Arabiese musiekteorie, geneeskunde, astronomie, geografie, wiskunde, fisika en ruimte meganika. Sy filosofiese en religieuse skool staan bekend as averroïsme. Hy word beskryf as die grondlegger van die sekularistiese gedagtegoed in Wes-Europa en as "een van die spirituele vaders van Europa."
Thomas Aquinas admitted relying heavily on Averroes to understand Aristotle.