BMW S65

   BMW S65-enjin
Oorsig
Vervaardiger BMW
Produksietyd 2007–2013
Konfigurasie 90° V8
Afmetings
Inhoudsmaat 3999 en 4361 cc
Blok Aluminium
Kopstuk Aluminium
Stelsels
Klepwerking DBNA met VVT
Brandstoftipe Petrol
Plek in geskiedenis
Voorganger Geen
Opvolger Geen
Variante BMW S85

Die BMW S65 is 'n natuurlik-geaspireerde V8-petrolenjin wat van 2007–2013 vervaardig is. Die belangrikste gebruik daarvan was in die BMW M3 (waar hy die BMW S54-inlynsessilinder vervang het). Daar is geen direkte vervanging vir die S65 nie, aangesien die volgende generasie M3 oorgeskakel het na 'n turbo-aangejaagde sessilinderenjin (die BMW S55).

Die S65 het dieselfde basiese argitektuur en aluminiumkonstruksie as die BMW S85 V10-enjin (soos gebruik in die E60 M5), waarvan dit afgelei is. Anders as die meeste ander BMW M-enjins, hou die S65 en S85 nie verband met enige gewone BMW-enjin nie. [1]

Die S65 het die "Internasionale Enjin van die Jaar"-toekenning gewen in die kategorie 3.0 tot 4.0 L in 2008, 2009, 2010, 2011 en 2012. [2]

  1. "2006 BMW M5 - First Drive Review". www.caranddriver. Besoek op 23 Februarie 2012.
  2. "Archive". www.ukimediaevents.com. Besoek op 18 Augustus 2017.

Developed by StudentB