Bayerische Motoren Werke Aktiengesellschaft | |
Tipe | Aandelemaatskappy |
---|---|
Gestig | 7 Maart 1916 |
Hoofkantoor | München, Duitsland |
Sleutelpersone | Oliver Zipse (Hoof- uitvoerende beampte) Norbert Reithofer (voorsitter van die Toesighoudende Raad) |
Gebied bedien | Wêreldwyd |
Industrie | Motorvervaardiger |
Produkte | Motorvoertuie en motorfietse |
Inkomste | € 98 990 miljoen (2020)[1] |
Bedryfsinkomste | € 5,222 miljard (2020)[1] |
Netto inkomste | € 3,857 miljard (2020)[1] |
Werknemers | 133 778 (2019)[2] |
Moedermaatskappy | Openbare beleggings (50%); Stefan Quandt (29%), Susanne Klatten (21%) |
Webwerf | bmwgroup.com |
BMW (kort vir Bayerische Motoren Werke AG) is 'n Duitse maatskappy wat weelde- en sportmotors, asook kragtige motorfietse vervaardig.[3] Hulle hoofkantoor is in München. BMW besit BMW Mini en Rolls-Royce. Hulle het voorheen ook Rover besit.
Hulle huidige slagspreuk in die Verenigde Koninkryk is "The Ultimate Driving Machine", terwyl dit in Suid-Afrika en die VSA "Sheer Driving Pleasure" is. In Afrikaans is die slagspreuk "Loutere bestuursgenot".
BMW se kompetisie sluit in Alfa Romeo, Audi, Lexus, Mercedes-Benz, Volvo en Porsche.