Bambara ߓߡߊߣߊ߲ߞߊ߲ Bamanankan | ||
---|---|---|
Gepraat in: | Burkina Faso Ghana Guinee Ivoorkus Mali Mauritanië Senegal | |
Gebied: | Wes-Afrika | |
Totale sprekers: | 14,1 miljoen[1] | |
Taalfamilie: | Niger-Kongo Atlanties-Kongo Mande Wes-Mande […] Manding Oos-Manding Bambara-Dyula Bambara | |
Skrifstelsel: | Latynse alfabet, N'Ko-alfabet | |
Amptelike status | ||
Amptelike taal in: | Mali (nasionale taal) | |
Gereguleer deur: | geen | |
Taalkodes | ||
ISO 639-1: | bm
| |
ISO 639-2: | bam
| |
ISO 639-3: | bam
| |
Nota: Hierdie bladsy kan IFA fonetiese simbole in Unicode bevat. |
Bambara (ߓߡߊߣߊ߲ߞߊ߲, Bamanankan) is 'n Niger-Kongo-taal in Wes-Afrika wat deur sowat 14,1 miljoen mense gepraat word. Dit word deur die Bambara-volk gepraat, regoor die lande Burkina Faso, Ghana, Guinee, Ivoorkus, Mali, Mauritanië en Senegal. Bambara vorm saam met Dyula, Mandinka en Maninka 'n dialekkontinuüm wat as Manding bekend staan. Afhangende van die gebied word Bambara met óf die Latynse alfabet óf die N'Ko-alfabet geskryf; laasgenoemde is in 1949 deur Soulemayne Kante vir die dialekkontinuüm ontwerp en gebaseer op die Arabiese alfabet. Bambara het 'n onderwerp-voorwerp-werkwoord-volgorde en twee leksikale klanke.
Bambara is 'n handelstaal in Wes-Afrika en word deur miljoene se mense óf as moedertaal óf as tweede taal gebesig. Dit is een van Mali se nasionale tale, naas die amptelike taal Frans.