Barcelona-Catalunya-renbaan

Barcelona-Catalunya-renbaan
Ligging Montmeló, Barcelona, Katalonië, Spanje
Tydsone UTC+01:00
Koördinate 41°34′12″N 2°15′40″O / 41.57000°N 2.26111°O / 41.57000; 2.26111
Kapasiteit 140 700
FIA Gradering 1
Groot byeenkomste Olimpiese Somerspele 1992
FIA Formule Een
Spaanse Grand Prix
Motorfiets Grand Prix
Lengte 4.655 km (2.892 mi)
Draaie 16
Rondterekord 1:21.670 (Kimi Räikkönen, Ferrari, 2008)

Die Barcelona-Catalunya-renbaan (amptelik Circuit de Barcelona-Catalunya) is 'n motorsportrenbaan in Montmeló, Barcelona, Katalonië, Spanje. Die baan is sedert 1991 die tuiste van die jaarlikse Formule Een Spaanse Grand Prix.

Met 'n lang pylvak en 'n verskeidenheid draaie, is die Circuit de Catalunya Barcelona 'n baie uitdagende renbaan. Die baan het netjiese pawiljoene met 'n kapasiteit van 140 700 toeskouers[1] en beskik oor 'n FIA Graad 1-lisensie.[2]

Tot in 2013 was die baan net bekend as die Circuit de Catalunya, voor 'n borgskap deur die Stadsraad van Barcelona "Barcelona" by die titel gevoeg het.[3]

Die Circuit de Catalunya is in 1991 gebou en het die Spaanse Grand Prix in dieselfde jaar begin aanbied. Konstruksie het ook saamgeval met die Olimpiese Spele wat geskeduleer was om in Barcelona plaas te vind die volgende jaar,[4] toe die baan gebruik is as die begin- en eindpunt vir 'n spanfietsry-item.[5] Die Barcelona-Catalunya-renbaan moet nie verwar word met die Montjuïc-renbaan wat die Spaanse Grand Prix vier keer tussen 1969 en 1975 aangebied het nie.

Omdat so baie toetse by hierdie baan gedoen word, is Formule Een bestuurders en werktuigkundiges baie vertroud daarmee. Dit het kritiek uitgelok dat hulle té vertroud is met Catalunya, wat moontlik van die toeskouergenot tydens wedrenne in die wiele mag ry.

  1. "argiefkopie". Geargiveer vanaf die oorspronklike op 15 Maart 2010. Besoek op 6 Julie 2015.
  2. "List of FIA licensed circuits" (PDF). FIA. 6 Februarie 2015. Besoek op 28 Mei 2015.
  3. "Circuit de Catalunya includes Barcelona in its name" (in Engels). Circuit de Barcelona-Catalunya. 2 September 2013. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 6 Maart 2016. Besoek op 4 September 2013.
  4. Furnell, Claire (November 2009). "Circuit de Catalunya". en.espnf1.com (in Engels). ESPN EMEA Ltd. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 25 Maart 2015. Besoek op 13 Augustus 2010.
  5. 1992 Summer Olympics official report. Volume 2. pp. 305–7.

Developed by StudentB