Batman | |
'n Cosplayer as Batman.
| |
Skepping | |
---|---|
Eerste verskyning | Detective Comics #27 (Mei 1939) |
Geskep deur | Bill Finger[1] (ontwikkelaar) Bob Kane (konsep) |
Inligting | |
Ander name | Bruce Wayne |
Byname | Matches Malone[2] Lefty Knox[3] |
Spesie | Mens |
Geslag | Manlik |
Beroep | Sakeman |
Ander familie | Thomas en Martha Wayne (ouers) |
Nasionaliteit | Verenigde State |
Batman is 'n superheld in strokiesprente, flieks en TV-programme wat (as 'n vigilante) veral psigopatiese misdadigers takel en gewone mense beskerm. Batman se vreesaanjaende mondering, met swart mantel en masker met gepunte ore, herinner aan 'n reusevlermuis. Soms staan ’n helper met die naam Robin hom by.[4]
In die storie woon Batman in die fiktiewe stad Gotham City. Sonder sy kostuum is hy die ryk sakeman Bruce Wayne. Sy Batmobile is 'n blitsvinnige motor waarin slim toerusting versteek is, waarin hy uit enige penarie kan ontsnap.
Batman is in 1939 deur Bob Kane en Bill Finger vir DC Comics geskep. Dit is aanvanklik as 'n strokiesverhaal gepubliseer, maar is later vir talle boeke, rolprente en TV-programme verwerk. Dit word ook as tema vir speelgoed gebruik.