| |||||
Volkslied: Дзяржаўны гімн Рэспублікі Беларусь (Transliterasie: Dzjarzjaoeni gimn Respoebliki Belaroes) Государственный гимн Республики Беларусь (Transliterasie: Gosoedarstvennyy gimn Respoebliki Belaroes) (Belarussies vir: "Staatsvolkslied van die Republiek Belarus") | |||||
Hoofstad | Minsk | ||||
Grootste stad | Minsk | ||||
Amptelike tale | Belarussies en Russies | ||||
Regering | Unitêre presidensiële grondwetlike republiek Aleksandr Loekasjenkoa Roman Golowtsjenko | ||||
Onafhanklikheid Vorming
• Kiëf-Roes • Prinsdom Polotsk • Groothertogdom Litaue • Pools-Litause Gemenebes • Russiese Ryk • Demokratiese Republiek Belarus • SSR Belarus • Litauies-Wit-Russiese SSR • Wit-Russiese SSR • Verklaring van Soewereiniteit • Onafhanklikheid verklaar • Republiek Belarus • Onafhanklikheid erken • Huidige grondwet |
882 987 ca. 1236 1 Julie 1596 1795 25 Maart 1918 1 Januarie 1919 17 Februarie 1919 31 Julie 1920 27 Julie 1990 25 Augustus 1991 19 September 1991 26 Desember 1991 15 Maart 1994 | ||||
Oppervlakte - Totaal - Water (%) |
207 600[1] km2 (86ste) 80 155 myl2 1,093 | ||||
Bevolking - 2024-skatting - 2019-sensus - Digtheid |
9 501 451[1] (97ste) 9 413 446 45,8 / km2 (142ste) 118,5 / myl2 | ||||
BBP (KKP) - Totaal - Per capita |
2024-skatting | ||||
BBP (nominaal) - Totaal - Per capita |
2024-skatting | ||||
MOI (2022) | 0,801[3] (69ste) – hoog | ||||
Gini (2020) | 24,4[4] – laag | ||||
Geldeenheid | Roebel (BYR )
| ||||
Tydsone - Somertyd |
VOT (UTC+3) nie toegepas nie (UTC+3) | ||||
Internet-TLD | .by en .бел[5] | ||||
Skakelkode | +375 | ||||
a. wetlikheid betwis[6][7][8] |
Belarus (Belarussies: Беларусь, Belaroes, [bʲɛlaˈrusʲ], ; Russies: Беларусь, [bʲɪlɐˈrusʲ], ), amptelik die Republiek Belarus (Belarussies: Рэспубліка Беларусь, Respoeblika Belaroes, [rɛsˈpublʲika bʲɛlaˈrusʲ]; Russies: Республика Беларусь, Respoeblika Belaroes, [rʲɪsˈpublʲɪkə bʲɪlɐˈrusʲ]) en voorheen bekend as Wit-Rusland, is 'n landingeslote land in Oos-Europa. Dit is oorwegend plat, met baie vleilande, en is landgebonde met Rusland in die noorde en ooste, Oekraïne in die suide, Pole in die weste en Letland en Litaue in die noorde. Minsk is die hoofstad en ook die grootste stad in die land. 'n Derde van die land is bebos en landbou is een van die sterkste ekonomiese sektore.[9]
Tot en met die 20ste eeu het die Belarusse nie 'n geleentheid gehad om 'n aparte nasionale identiteit te ontwikkel nie, siende dat die land van die hedendaagse Belarus aan verskeie ander lande behoort het. Ná die kortstondige Wit-Russiese Volksrepubliek (1918–19) het die land as die Wit-Russiese Sosialistiese Sowjetrepubliek deel van die Sowjetunie geword.
Die finale vereniging van die verskillende dele van die land met sy moderne grense het in 1939 plaasgevind, toe grondgebied van etniese Belarusse, wat deel van Pole was, deur die Sowjetunie geannekseer en by die Wit-Russiese Sowjetrepubliek gevoeg is. Die gebied en sy nasie het grootskaalse verwoesting ervaar tydens die Tweede Wêreldoorlog: die land het 'n kwart van sy bevolking verloor en meer as die helfte van sy ekonomiese hulpbronne.
Die land het in die jare ná die oorlog stelselmatig herstel en is een van die stigterslede van die Verenigde Nasies. Die parlement van die republiek het die soewereiniteit van Wit-Rusland op 27 Julie 1990 verklaar en, ná die ontbinding van die Sowjetunie, is Wit-Rusland op 25 Augustus 1991 onafhanklik verklaar. Aleksandr Loekasjenko is sedert 1994 die land se president. Belarus is sedert 1996 besig om met Rusland te onderhandel om as 'n enkele staat, die Unie van Rusland en Belarus, te verenig.
Die grootste deel van Belarus se 9,5 miljoen inwoners woon in die stedelike gebiede om Minsk en ander streekshoofstede. Die land het twee amptelike tale: Belarussies en Russies. Die land erken nie 'n staatsgeloof nie, alhoewel die Russies-Ortodokse geloof die primêre geloof in Belarus is.