Birem

'n Birem is 'n antieke oorlogskip (galei) met twee gesuperponeerde rye roeispane aan elke kant. Die birem was 'n lang vaartuig wat vir militêre doeleindes gebou is, en kon 'n relatiewe hoë spoed bereik. Hulle is lank reeds voor die 6de eeu v.C. uitgevind en is deur die Fenisiërs, Assiriërs en Grieke gebruik.

'n Griekse birem uit omstreeks 500 v.C., beeld afkomstig van 'n Griekse vaas in die Britse Museum wat gevind is by Vulci in Etrurië.
'n Fenisiese oorlogskip[1] met twee rye roeispane, reliëf uit Nineve, omstreeks 700 v.C.
  1. Casson, Lionel (1995): "Ships and Seamanship in the Ancient World", Johns Hopkins University Press, ISBN 978-0-8018-5130-8, fig. 76

Developed by StudentB