Boedapest Budapest | |
---|---|
Stad | |
Byname: "Hart van Europa", "Pêrel van die Donau" | |
Koördinate: 47°29′33″N 19°3′5″O / 47.49250°N 19.05139°O | |
Land | Hongarye |
Streek | Sentrale Hongarye |
Stigting | 106 nC |
Unifikasie van Boeda, Pest en Óbuda | 17 November 1873 |
Regering | |
• Burgemeester | Gergely Karácsony |
Oppervlak | |
• Stad | 525,2 km2 (202,8 vk. myl) |
• Metro | 7 626 km2 (2 944 vk. myl) |
Hoogte | 96−527 m (−1 633 ft) |
Bevolking | |
• Stad | 1 740 041 |
• Digtheid | 3 314/km2 (8 580/vk. myl) |
• Metro | 3 284 110 |
Tydsone | CET / UTC +1 |
• Somertyd | CEST / UTC +2 |
poskode | 1011–1239 |
Skakelkodes | 1 |
Webwerf | budapest.hu (hu) |
Luafout in Module:Check_for_unknown_parameters op reël 93: attempt to call field '_warning' (a nil value)
Boedapest (Hongaars: Budapest; uitgespreek [ˈbudɒpɛʃt]) is die hoofstad en grootste stad van Hongarye met 'n bevolking van 1 737 000 in 2011. Die Donauoewer, die Kasteel van Buda en Andrássy út is in 1987 deur Unesco as wêrelderfenisgebied gelys. Boedapest is gevorm op 17 November 1873 toe Boeda, Óbuda en Pest saamgesmelt het en huisves tans byna 'n vyfde van die Hongaarse bevolking.
Tradisioneel word na Boedapest verwys as die "Koningin van die Donau". Die Hongaarse hoofstad is in die oorgangsgebied tussen die heuwelagtige weste van Hongarye en die uitgestrekte vlaktes in die ooste en suide van die land geleë. Die twee groot stadsdele, Boeda en Pest, is respektiewelik aan die wes- en oosoewer van die Donau geleë en word deur 'n reeks brûe met mekaar verbind.
Die geskiedenis van Boedapest begin met 'n Keltiese nedersetting, Aquincum, wat deur die Romeine tot administratiewe setel van hul provinsie Neder-Pannonië (Pannonia Inferior) verhef is.[1] Hongare het hulle in die 9de eeu in die gebied gevestig. Hul eerste nedersetting is in 1241/42 deur Mongole geplunder. Ná sy heropbou het die stad tot een van die Europese sentra van 15de eeuse humanistiese Renaissance-kultuur ontwikkel.
Ná die Slag van Mohács en naastenby 150 jaar van Ottomaanse heerskappy het die streek 'n nuwe bloeitydperk beleef, terwyl Boedapest met die samesmelting van Boeda, Óbuda en Pest tot 'n wêreldstad ontwikkel het. Saam met Wene het Boedapest as hoofstad van die dubbelmonargie Oostenryk-Hongarye gedien, 'n Europese groot moondheid wat as gevolg van die Eerste Wêreldoorlog in 1918 ontbind is. Boedapest was die middelpunt van die Hongaarse Rewolusie van 1848, die Hongaarse Raderepubliek in 1919, die Slag van Boedapest in 1945 en die Hongaarse Rewolusie van 1956.
Al strek die geskiedenis van Boedapest terug tot in die antieke tydperk, het sy indrukwekkende boukuns veral voortgespruit uit sy rol as die middelpunt van die Hongaarse gedeelte van die 19de eeuse dubbelmonargie Oostenryk-Hongarye toe Hongarye drie keer groter was as die huidige republiek. Die millennium van die volksplanting van nomadiese Hongaarse stamme in die Pannoniese Laagvlakte in 1896 is gevier met meesterlike boukuns. En al het Hongarye ná die Eerste Wêreldoorlog groot gebiedsverliese gely, het Boedapest tot die tweede grootste metropool in Sentraal-Europa ná Berlyn gegroei.
Boedapest se tersiêre opvoedingsinstellings sluit die Eötvös Loránd-universiteit (gestig in 1635), die Pázmány Péter Katolieke Universiteit (gestig in 1635) en die Semmelweis-universiteit (die oudste mediese skool in Hongarye, gestig in 1769[2]) in.