Bonobo

Bonobo
Tydperk: 1.5–0 m. jaar gelede
'n Mannetjie in die Apenheul-primaatpark.
Wetenskaplike klassifikasie
Koninkryk:
Filum:
Klas:
Orde:
Infraorde:
Familie:
Subfamilie:
Tribus:
Genus:
Spesie:
P. paniscus
Binomiale naam
Pan paniscus
(Ernst Schwarz, 1929)
Die hougebied van die bonobo.

Die bonobo, of Pan paniscus,[2] is ’n spesie groot ape (Hominidae). ’n Nabyverwant is die gewone sjimpansee. Fossiel- en DNS-toetse wys albei spesies is sustersgroepe van die moderne menslike lyn.

Die bonobo is 'n bedreigde spesie en een van die twee spesies van die genus Pan. Die ander spesie is die sjimpansee.[3] Hoewel die term "sjimpansee" soms gebruik word om na albei spesies te verwys, word dit deesdae meestal gebruik vir Pan troglodytes, terwyl die naam "bonobo" gebruik word vir Pan paniscus. Hulle is voorheen as 'n enkele spesie beskou en die bonobo was bekend as die dwergsjimpansee. Taksonomies word die subtribus Panina heeltemal deur die genus Pan opgeneem en daarom is die sjimpansee en bonobo saam as die "paniene" bekend.[4][5]

Die bonobo word gekenmerk deur relatief lang bene, pienk lippe, ’n donker gesig en lang hare wat 'n middelpaadjie vorm. Hy kom voor in ’n gebied van 500 000 km2 in die Kongobekken van die Demokratiese Republiek die Kongo. Die spesie is omnivore, veral vrugtevreters,[6] en kom hoofsaaklik in woude voor.

Nie die bonobo of sjimpansee is goeie swemmers nie en die vorming van die Kongorivier sowat 1,5-2 miljoen jaar gelede het moontlik gelei tot die splitsing van die bonobolyn vanweë spesievorming. Bonobo's bly suid van die rivier en het dus geskei geraak van die voorouers van die sjimpansee, wat noord van die rivier voorgekom het. Daar is geen konkrete inligting oor getalle nie, maar daar is na raming tussen 29 500 en 50 000 bonobo's oor. Die spesie is op die Internasionale Unie vir die Bewaring van die Natuur (IUBN) se lys van bedreigde spesies. Hulle word bedreig deur die vernietiging van hul habitat en die groter wordende mensbevolkings, maar hoofsaaklik deur wilddiefstal. In aanhouding leef hulle sowat 40 jaar.[7] Hulle lewensverwagting in die natuur is onbekend, maar waarskynlik heelwat korter.[8]

  1. Fruth, B., Benishay, J.M., Bila-Isia, I., Coxe, S., Dupain, J., Furuichi, T., Hart, J., Hart, T., Hashimoto, C., Hohmann, G., Hurley, M., Ilambu, O., Mulavwa, M., Ndunda, M., Omasombo, V., Reinartz, G., Scherlis, J., Steel, L. & Thompson, J. (2008). Pan paniscus. 2008 IUBN Rooi Lys van bedreigde spesies. Internasionale Unie vir die Bewaring van die Natuur 2008. Verkry op 4 Januarie 2009.
  2. Verwysingfout: Invalid <ref> tag; no text was provided for refs named deWaal1997
  3. Angier N (10 September 2016). "Beware the Bonds of Female Bonobos". The New York Times. Besoek op 10 September 2016.
  4. Muehlenbein MP (2015). Basics in Human Evolution. Elsevier Science. pp. 114–115. ISBN 978-0-12-802652-6.
  5. Diogo R, Molnar JL, Wood B (April 2017). "Bonobo anatomy reveals stasis and mosaicism in chimpanzee evolution, and supports bonobos as the most appropriate extant model for the common ancestor of chimpanzees and humans". Scientific Reports. 7 (1): 608. Bibcode:2017NatSR...7..608D. doi:10.1038/s41598-017-00548-3. PMC 5428693. PMID 28377592.
  6. Beaune, David (November 2012). "The Ecological Role of the Bonobo. Seed Dispersal Service in Congo Forests". Research Gate. Besoek op 27 Mei 2021.
  7. Rowe, N. (1996) Pictural Guide to the Living Primates, Pogonias Press, East Hampton, ISBN 0-9648825-1-5.
  8. Rowe N (1996). Pictural Guide to the Living Primates. Wes-Hampton: Pogonias Press. ISBN 0-9648825-1-5.

Developed by StudentB