Breitbart News Network (meer algemeen bekend as Breitbart News, Breitbart of Breitbart.com) is 'n konserwatiewe gesindikeerde Amerikaanse nuus, opinie en kommentaar Webblad, wat in die middel van 2007 gestig is deur konserwatiewe kommentator Andrew Breitbart, wat Breitbart geformuleer het as "die Huffington Post van die Regs. Breitbart het homself met die alt-regs beweging vereenselwig onder die bestuur van die voormalige uitvoerende voorsitter Steve Bannon, wat in 2016 verklaar het dat die webtuiste "die platform is vir die alt-regses". In 2016 het Breitbart Nuus 'n bymekaarkomplek geword vir ondersteuners van die verkiesingsveldtog van die toe-kandidaat president van die Verenigde State, Donald Trump. Die maatskappy se bestuur het ook die voormalige personeellid Milo Yiannopoulos, ingesluit. Breitbart Nuus se hoofkwartiere is geleë in Los Angeles, met buros in Texas, Londen, en Jerusalem. Mede-stigter Larry Solov is die mede-eienaar (saam met Andrew Breitbart se weduwee, Susie Breitbart, en die Mercer familie) en HUB, terwyl Alex Marlow die hoofredakteur is, met Wynton Hall as besturende redakteur en Joel Pollak en Peter Schweizer as senior redakteurs. Syfers van Amazon se webwerf-ranglysstelsel (Alexa) het getoon dat Breitbart Nuus sy mededingers, die Washington Post en die Huffington Post, wat gewildheid in die VSA betref, oortref het. Volgens Alexa was Breitbart Nuus in Maart 2018 die 54ste gewildste webwerf in die Verenigde State. Die Washington Post, ter vergelyking, was die 61ste gewildste webwerf.Ten spyte van pogings deur die sosiale media entiteite soos (Facebook, X ens.) om konserwatiewe standpunte te sensor, het die sosiale media-betrokkenheids-kenners by NewsWhip Breitbart Nuus as een van die top tien Facebook-uitgewers vir Oktober 2018 gelys.Breitbart Nuus se amptelike webadres is https://www.breitbart.com.
Developed by StudentB