| |||||
Nasionale leuse: Union, Work, Progress (Engels) Unité, Travail, Progrès (Frans) Ubumwe, Ibikorwa, Amajambere (Kirundi) (Afrikaans: "Eenheid, Arbeid, Vooruitgang") | |||||
Volkslied: Burundi Bwacu (Kirundi vir: "Ons Burundi") | |||||
Hoofstad | Gitega | ||||
Grootste stad | Bujumbura | ||||
Amptelike tale | Engels, Frans en Kirundi | ||||
Regering | Unitêre presidensiële grondwetlike republiek Évariste Ndayishimiye Prosper Bazombanza Gervais Ndirakobuca | ||||
Onafhanklikheid | 1680–1966 1890–1916 1916–1962 1 Julie 1962 28 November 1966 17 Mei 2018 | ||||
Oppervlakte - Totaal - Water (%) |
27 834[1] km2 (142ste) 10 747 myl2 10[2] | ||||
Bevolking - 2020-skatting - 2008-sensus - Digtheid |
11 865 821[3] (77ste) 8 053 574[1] 401,6 / km2 (20ste) 1040,1 / myl2 | ||||
BBP (KKP) - Totaal - Per capita |
2022-skatting | ||||
BBP (nominaal) - Totaal - Per capita |
2022-skatting | ||||
MOI (2021) | 0,426[5] (187ste) – laag | ||||
Gini (2013) | 38,6[6] – medium | ||||
Geldeenheid | Frank (FBu) (BIF )
| ||||
Tydsone - Somertyd |
SAT (UTC+2) nie toegepas nie (UTC+2) | ||||
Internet-TLD | .bi | ||||
Skakelkode | +257 |
Burundi (Engels: [bəˈrʊndi], ; Frans: [buʁundi] of [byʁyndi]; Kirundi: [buˈɾundi]), amptelik die Republiek Burundi (Engels: Republic of Burundi; Frans: République du Burundi; Kirundi: Republika y'Uburundi), is 'n landingeslote land in Sentraal- en Oos-Afrika net suid van die ewenaar. Dit is naas Rwanda die mees digbevolkte land in Afrika. Nes sy buurstaat is dit 'n voormalige deelgebied van Duits-Oos-Afrika, wat later as mandaatgebied van die Verenigde Nasies 'n Belgiese administrasie kry. Albei lande word deur etniese konflikte tussen die Tutsi-minderheid en die meerderheid van die Hutu geteister. Die Twa vorm die derde etniese groep in daardie lande. Burundi word in 1962 onafhanklik van België. Bykans ’n halfmiljoen mense het in etniese slagtings omgekom, veral gedurende die volksmoorde van 1972 en 1993. Dit is ’n lidland van die Afrika-unie.[7] Burundi beslaan 'n oppervlakte van 27 834 km² en het 'n bevolking van 11 865 821 in 2020 gehad. Die voormalige koninklike hoofstad Gitega dien sedert 24 Desember 2018 as hoofstad van die land,[8] terwyl de ou hoofstad Bujumbura die grootste stad is.