CBS | |
---|---|
Sedert 1951 CBS se amptelike kenteken
| |
Gestig | 18 September 1927 |
Gesluit | Aktief |
Netwerk | CBS Broadcasting |
Eienaar | CBS Corporation |
Beeldformaat | 480i (SDTV 16:9) en 1080i (HDTV 16:9) |
Slagspreuk | America's Most Watched Network Only CBS |
Land | Verenigde State |
Taal | Engels |
Uitsaaiarea | Verenigde State |
Hoofkantoor | CBS Building, New York Stad |
Vorige naam | United Independent Broadcasters (1927) Columbia Phonographic Broadcasting System (1927–1928) Columbia Broadcasting System, Inc. (1928–1974) CBS, Inc. (1974–1997) |
Webtuiste | www.cbs.com |
CBS (eens 'n afkorting vir Columbia Broadcasting System) is een van die vier vernaamste nasionale radio- en TV-netwerke van die Verenigde State van Amerika. Die ander drie is ABC, Fox en NBC.[1] Die maatskappy se hoofkantoor is die CBS-gebou in New York Stad gesetel, met hul vernaamste ateljees is in New York en Los Angeles. CBS word soms die "Eye Network" (Oog Netwerk) genoem, 'n verwysing na die maatskappy se kenteken wat sedert 1951 in gebruik is.