Catullus

Catullus
’n Beeld van die betrokke persoonlikheid.
’n Moderne borsbeeld van Catullus.

Naam Gaius Valerius Catullus
Geboorte c. 84 v.C.
Verona, Italië
Sterfte c. 54 v.C.
Beroep Digter
Beweging Neoterisme
Bekendste werke Carmina

Gaius Valerius Catullus (ook net as Catullus bekend; c. 84-54 v.C.) was ’n Latynse digter uit die laat periode van die Romeinse Republiek. Hy het gedigte in ’n neoteriese (moderne) styl geskryf wat oor persoonlike lewens eerder as klassieke helde gegaan het. Sy werk wat behoue gebly het, word steeds wyd gelees en beïnvloed steeds poësie en ander kunsvorme.

Catullus se gedigte is deur talle ander digters gewaardeer. Hy het digters soos Ovidius, Horatius en Virgilius beïnvloed. Ná die herontdekking van sy werk in die laat Middeleeue was daar weer ’n oplewing in sy gewildheid, al het sy eksplisiete skryfstyl baie lesers geskok.

Sy gedigte is bewaar in ’n versameling van 116 carmina (die presiese getal verskil van uitgawe tot uitgawe). Dit kan in drie dele verdeel word volgens hul vorm: 60 kort gedigte (polymetra), 8 langer gedigte en 48 epigramme.


Developed by StudentB