FCA US LLC | |
Tipe | Maatskappy met beperkte aanspreeklikheid |
---|---|
Gestig | Chrysler Korporasie, 6 Junie 1925 Chrysler Group LLC, 10 Junie 2009 |
Hoofkantoor | Auburn Hills, Michigan, Verenigde State |
Sleutelpersone | Sergio Marchionne (Voorsitter en hoof uitvoerende beampte) |
Gebied bedien | Wêreldwyd |
Industrie | Motorvervaardiger |
Produkte | Motorvoertuie, kommersiële voertuie, motoronderdele |
Inkomste | $65,78 miljard (2012) |
Bedryfsinkomste | $1 942 miljard (2012) |
Netto inkomste | $1 668 miljard (2012) |
Werknemers | 74 700 (2014) |
Moedermaatskappy | Fiat Chrysler Automobiles |
Divisies | Chrysler, Dodge, Jeep, Ram, Mopar, SRT |
Webwerf | fcausllc.com |
Chrysler (uitgespreek /' kraɪslər /), amptelik FCA US LLC, is ’n groot Amerikaanse maatskappy wat motors van alle soorte en groottes maak. Dit kan ook verwys na ’n soort motor wat deur dié maatskappy vervaardig word.[1] Chrysler se hoofkwartier is in Auburn Hills, Michigan. Dit word deur die Italiaanse motorvervaardiger Fiat besit.[2]
Chrysler is een van die "Groot Drie" Amerikaanse motorvervaardigers. Dit verkoop voertuie wêreldwyd onder sy vlagskip-Chryslermerk, sowel as Dodge, Jeep en Ram. Ander groot afdelings sluit in Mopar, sy motoronderdele en toebehore afdeling, en SRT, sy verrigtingmotorafdeling. Sedert 2014 is FCA US LLC die sewende grootste motorvervaardiger in die wêreld.