Daimler

Daimler AG (Duits: [ˈdaɪmlɐ aːˈɡeː], , voorheen DaimlerChrysler AG, is 'n transnasionale maatskappy in die motor-industrie. Voor die samesmelting met Chrysler het die besigheid Daimler-Benz AG geheet. Die fabrikaat sluit groot en duur motorvoertuie in, met 'n reputasie dat welgestelde, ouer mense dit graag bestuur. In 2014 was die maatskappy se omset € 130 miljard en het hulle 2,5 miljoen voertuie vervaardig, waarvan 1,7 miljoen passasiersmotors was. In dieselfde jaar het die maatskappy 280 000 werknemers in diens gehad, waarvan ongeveer 180 000 in Europa was. In die periode 2010 tot 2014 het Daimler meer as € 10 miljard per jaar geïnvesteer, waarvan ongeveer die helfte aan navorsing en ontwikkeling, en die ander helfte aan produksiefasiliteite en oornames spandeer is. DaimlerChrysler, die maatskappy se voorganger, is in 1998 gevorm toe Daimler-Benz met die Amerikaanse motorvervaardiger Chrysler saamgesmelt het. Hulle het onder meer Mercedes-Benz-, Chrysler- en Jeep-voertuie vervaardig. Die Chrysler-aandeel is egter weer in 2007 verkoop.


Developed by StudentB