Dassies | |
---|---|
Wetenskaplike klassifikasie | |
Koninkryk: | |
Filum: | |
Klas: | |
Infraklas: | |
Superorde: | |
Orde: | Hyracoidea Huxley, 1869
|
Familie: | Procaviidae Thomas, 1892
|
Genera | |
|
'n Dassie is enige van vier spesies klein, dikkerige, plantetende soogdiere van die orde Hyracoidea. Dit kom in Afrika en die Midde-Ooste voor. Ten spyte daarvan dat die dassie nie baie indrukwekkend lyk nie, het dit 'n baie lang stamlyn wat terugdateer tot in prehistoriese tye. Die dassie is die naaste lewende familie van die olifant.