Denver Internasionale Lughawe | |||
---|---|---|---|
IATA: DEN – ICAO: KDEN – FAA: DEN | |||
Opsomming | |||
Tipe lughawe | Openbaar | ||
Eienaar | City & County of Denver Department of Aviation | ||
Operateur | City & County of Denver Department of Aviation | ||
Ligging | Noordoos-Denver, Colorado | ||
Spil vir | Frontier Airlines Great Lakes Airlines United Airlines | ||
Fokuspunt vir | Southwest Airlines | ||
Koördinate | 39°51′42″N 104°40′23″W / 39.86167°N 104.67306°W | ||
Webtuiste | |||
Landkaart | |||
| |||
Aanloopbane | |||
Rigting | Lengte | Oppervlak | |
vt | m | ||
7/25 | 12 000 | 3 658 | Beton |
8/26 | 12 000 | 3 658 | Beton |
16L/34R | 12 000 | 3 658 | Beton |
16R/34L | 16 000 | 4 877 | Beton |
17L/35R | 12 000 | 3 658 | Beton |
17R/35L | 12 000 | 3 658 | Beton |
Statistieke (2022) | |||
Passasiers | 69 286 461 | ||
Lugbewegings | 615 733 | ||
Vrag | 299 867 352 kg | ||
Ekonomiese impak | VS$ 13,0 miljard[1] | ||
Bron: Denver Internasionale Lughawe[2] |
Denver Internasionale Lughawe (IATA-kode: DEN, ICAO: KDEN) is 'n groot lughawe in Denver, Colorado. Teen 140 vierkante kilometer (54 vk. myl) is dit die grootste lughawe in die Verenigde State oppervlakgewys. Aanloopbaan 16R/34L is die langste openbare aanloopbaan (4 877 meter) in die Verenigde State. In 2021 was dit die 15de besigste lughawe in die wêreld met passasiersverkeer van 58 828 552.
Dit was die vyfde besigste lughawe in die wêreld met meer as 635 000 vliegtuigbewegings in 2010.[3] Die Denver Internasionale Lughawe lewer 'n nonstop-diens aan bestemmings in Noord-Amerika, Latyns-Amerika, Europa en Asië. Die lughawe is in die noordooste van Denver en word bestuur deur die City & County of Denver Department of Aviation. DIA is aangewys as die beste lughawe in Noord-Amerika deur die lesers van "Business Traveler Magazine" vir ses jaar agtereenvolgend (2005–2010)[4] en is die naam "America's Best Run Airport" deur Time Magazine toegedig in 2002.[5]
Denver is die belangrikste spil vir die laekosteredery Frontier Airlines en die pendelaardraer Great Lakes Airlines. Dit is die vierde grootste en Sentraal-Amerikaanse sentrum vir United Airlines, asook 'n groot fokusstad vir Southwest Airlines. Sedert die aanvang van sy diens aan Denver in Januarie 2006, het Southwest meer as 50 bestemmings bygevoeg tot sy lys, dit maak Denver sy vinniggroeiendste mark. DIA is die enigste lughawe in die Verenigde State met 'n ISO 14001-gesertifiseerde omgewingsbestuurstelsel wat die hele lughawe dek.[6]