Diereskuilings is 'n veilige hawe waar verdwaalde, verlore, verlate of oorgegee diere – meestal honde en katte – gehuisves word.
In Suid-Afrika is die Beskermingsvereniging (DBV) ’n bekende inrigting (dierehawe) wat tydelike skuiling aan loslopende of hawelose huisdiere bied.
Dit is ’n feit dat mense ongelukkig die natuurlewe beide vernietig en bewaar. In die afgelope 2 000 jaar het ’n geraamde 200 spesies soogdiere en voëls uitgesterf. Dit beteken dat gemiddeld een spesie elke sowat dekade verdwyn. Wetenskaplikes is dit eens dat die mens in ’n tydperk van massa-vernietiging leef en dat die meeste dierespesies wat uitgesterf het – veral die afgelope twee eeue – die slagoffers was van mense en hul aktiwiteite wat (soms onbewustelik), vernietigende gevolge het.
Dit sluit onder meer die volgende in:
In Suid-Afrika het twee spesies byvoorbeeld in die afgelope twee eeue uitgesterf: die kwagga (Equus quagga) en die bloubok (Hippotragus leucophaeus). Die laaste kwagga is in 1883 in die Amsterdamse dieretuin dood. Verskeie voorbeelde bestaan in die res van die wêreld.
Gelukkig het bewaringsbewuste mense sedert die tweede deel van die negentiende eeu – van sowat 1870 af – bekommerd geraak oor kwynende dieregetalle. Groot bewaringspogings is begin om dierelewe in beskermde gebiede te herstel, onder meer deur toepaslike bewaringswette, die herstel van die diere se habitat en selfs die teel van uitgedunde of bedreigde spesies in gevangenskap.