Digpakking

Digpakking is 'n belangrike begrip in die kristallografie.

'n Diggepakte laag bolletjies (A) met daarop die twee moontlike posisies van 'n volgende laag. Die groen lyn is die [1120] rigting

Baie kristalstrukture het hul bestaan te danke aan die feit dat die deeltjies so dig moontlik in 'n laag gepak is en dat hierdie lae so dig moontlik opmekaar gestapel is. Dit word digpakking genoem. Veral by metale soos koper of magnesium lei dit tot taamlik eenvoudige kristalstrukture met 'n klein eenheidsel. In twee dimensies kan gelyke bolletjies net op een manier 'n digpakking vorm. Dit is maklik om te simuleer met 'n aantal gelyke muntstukke wat so dig moontlik op 'n tafel gerangskik word. Die eenheidsel daarvan is tweedimensioneel-heksagonaal.

Die opbou van 'n digpakking

'n Tweede laag kan egter op twee verskillende maniere daarbo-op gelê word. Indien die posisie van die eerste laag deur A aangedui word, is daar twee putjies B en C waarin die volgende bolletjie gelê kan word. Dit is egter nie moontlik om beide putjies tegelyk te beset nie. Om 'n diggepakte laag te verkry moet dus net een stel putjies beset word. Indien die tweede laag in die B-putjies gelê word, kan 'n derde laag òf in A òf in C gelê word. Dus is daar verskeie digpakkings in driedimensies wat slegs in hul stapelvolgorde verskil. Dit kan byvoorbeeld ..-A-B-A-B-A-B-.. wees, maar ook ..-A-B-C-A-C-B.., ensomeer. Daar is twee stapelvorme wat baie gereeld voorkom, en sommige wat seldsamer is.

Tipes digpakkings wat 'n rol in kristallografie speel is:


Developed by StudentB