Dinoflagellata | |
---|---|
Prorocentrum lima | |
Wetenskaplike klassifikasie | |
Domein: | |
Koninkryk: | |
Subkoninkryk: | Harosa
|
Filum: | Myzozoa
|
Infrafilum: | Dinoflagellata
|
Klasse | |
Dinoflagellate is 'n (infra)filum van eensellige eukariote. Hulle verteenwoordig 'n groot deel van die plankton se biomassa.
Dinoflagellate kan fotosinteties or heterotroof wees, en sommige kan albei wees. Sommige soos die soöxantella is simbioties, maar daar is ook parasitêre spesies. Ongeveer 15-20% van die huidige spesies kan siste vorm tydens die seksuele fase van hulle lewensiklus of in hulle dormante tydperk. Hierdie siste besit groot weerstand teen aantasting en word dikwels in neerslae of afsettingsgesteentes aangetref. Dit is 'n belangrike onderwerp van die palinologie en is in gesteentes sedert die trias sowat 250 miljoen jaar geleë bekend. Die siste se wande bestaan gewoonlik uit organiese materiaal soos die biomakromolekuul dinosporien wat kenmerkend vir dinoflagellate is, maar soms is dit ook uit kalk of kiesel opgebou. Die morfologie van die siste is baie nuttig vir die navorsig van die omgewingsomstandighede waaronder die sediment ontstaan het.[1]
Die sel se kern verskil baie van ander eukariote s'n en word daarom dikwels die dinokarion genoem. Dinokaria het geen nukleosome nie en die kern bevat baie meer DNS as die meeste eukariotiese selkerne, selfs die mens s'n. Dinoflagellate kan eensellige organismes met twee flagellae (swepies) wees, maar daar is ook plasmodia wat meer as een selkern besit en in een groep vorm hulle groepe selle wat soos meersellige organismes lyk. [2]
Daar is sowat 4 500 spesies in 550 genera beskrewe, maar amper driekwart van die genera en meer as die helfte van die spesies is net as fossiele bekend. Van die amper 2 000 huidige spesies is 1 700 seebewoners en ongeveer 220 leef in vars water. Hierdie getalle groei nogtans steeds omdat dikwels nuwe spesies gevind word.[2]