Donatello | |
---|---|
Geboortenaam | Donato di Niccolò di Betto Bardi |
Gebore | ca. 1386 Florence, Italië |
Sterf | 13 Desember 1466 (op 80) Florence, Italië |
Nasionaliteit | Italiaans |
Veld | Beeldhoukuns |
Opleiding | Lorenzo Ghiberti |
Beweging | vroeë-Renaissance |
Werke | Sint George, David Fraksionele Monument van Gattamelata |
Donatello (ca. 1386- 13 Desember 1466) was 'n beroemde Italiaanse, vroeë-Renaissance kunstenaar en beeldhouer uit Florence. In sy eie tyd het veral sy reliëfwerk aandag getrek en hy word vandag beskou as een van die belangrikste Italiaanse beeldhouers van die 15de eeu. Sy werk toon 'n groot belangstelling in die menslike liggaam en vrystaande skulptuur. "Donatello" is 'n verkleiningsvorm van die kunstenaar se eintlike naam, "Donato", en beteken "presentjie".