Edmund Ironside | |
---|---|
Koning van Engeland | |
Huis | Wessex |
Regeer | 23 April 1016 – 30 November 1016 |
Voorganger | Ethelred II |
Opvolger | Knoet die Grote |
Eggenote | Edith van Anglië |
Gebore | c. 988 |
Oorlede | 30 November 1016 |
Vader | Ethelred II |
Moeder | Elfgifa |
Edmund Ironside of Edmond Ysterkant of Edmund II was van 23 April 1016 – 30 November 1016 koning van Engeland. Hy was die seun van koning Ethelred II en sy eerste vrou, Elfgifa. Hy het ’n ouer broer, Athelstan, gehad, maar dié is in 1014 dood.
Edmund is ná Ethelred se dood in 1016 deur die inwoners van Londen tot koning van Engeland uitgeroep, maar sy teenstander Knoet die Grote van Denemarke, wat Engeland talle kere eers saam met sy pa, Sven Vurkbaard, en daarna alleen binnegeval het, het in die res van die land meer steun geniet.
Edmund is eindelik by die Slag van Ashingdon in Essex deur die Dene verslaan en Knoet het hom toegelaat om Wessex te behou. Hulle het ooreengekom dat as een van hulle sterf, die ander een oor die hele Engeland sou regeer.[1]
Kort ná hierdie ooreenkoms is Edmund dood. Hy is in Glastonbury begrawe en Knoet het hom opgevolg soos afgespreek.