Eendbekdier | |
---|---|
Wetenskaplike klassifikasie | |
Koninkryk: | |
Filum: | |
Klas: | |
Orde: | |
Familie: | |
Genus: | Ornithorhynchus Blumenbach, 1800
|
Spesie: | O. anatinus
|
Binomiale naam | |
Ornithorhynchus anatinus (Shaw, 1799)
| |
Verspreiding van die eendbekdier (in donkerder kleur) |
Die eendbekdier (ook platipus genoem) kom in Australie en Tasmanië voor en sy wetenskaplike naam is Ornithorhyncus anatinus. Dit is een van die min soogdiere wat 'n eier lê.
Vroeë Britse Setlaars het woorde soos "watermol", "eendbek" en "eendmol" gebruik.
Hulle is bedek met bruin pels vir hitte en hulle stoor vet in hul sterte vir ekstra reserwes. Hulle het gewebde pote vir swem en 'n groot, rubberagtige snoet. Eendbekdiere word tussen 43 cm en 50 cm lank en weeg 700 g tot 1,2 kg. Hulle woon in klein riviertjies en stroompies en spoor prooi in troebel water op deur gebruik te maak van elektrolokalisering.
Die manlike eendbekdier het 'n toonnael op sy agterpote wat giftig is.
Weens droogte, habitatverlies en besoedeling is die bevolking van eendbekdiere besig om drasties af te neem.[1]