| |||||
Nasionale leuse: Unidad, Paz, Justicia (Spaans vir: "Eenheid, Vrede, Geregtigheid") | |||||
Volkslied: Caminemos pisando las sendas de nuestra inmensa felicidad (Spaans vir: "Kom ons loop die paaie van ons groot vreugde") | |||||
Hoofstad | Malaboa | ||||
Grootste stad | Bata | ||||
Amptelike tale | Spaans, Frans en Portugees[1][2] | ||||
Regering | Dominante party semi-presidensiële republiek Teodoro Obiang Nguema Mbasogo Teodoro Nguema Obiang Mangue Manuel Osa Nsue Nsua | ||||
Onafhanklikheid | 12 Oktober 1968 16 November 1991 | ||||
Oppervlakte - Totaal - Water (%) |
28 051[3] km2 (145ste) 10 830,6 myl2 feitlik niks | ||||
Bevolking - 2024-skatting - Digtheid |
1 795 834[3] (154ste) 64 / km2 (187ste) 165,8 / myl2 | ||||
BBP (KKP) - Totaal - Per capita |
2024-skatting | ||||
BBP (nominaal) - Totaal - Per capita |
2024-skatting | ||||
MOI (2022) | 0,650[5] (133ste) – medium | ||||
Geldeenheid | Frank (XAF )
| ||||
Tydsone - Somertyd |
WAT (UTC+1) nie toegepas nie (UTC+1) | ||||
Internet-TLD | .gq | ||||
Skakelkode | +240 | ||||
a. Ciudad de la Paz (onder konstruksie). |
Ekwatoriaal-Guinee (Spaans: Guinea Ecuatorial, [giˈnea ekwatoˈɾjal], ; Frans: Guinée équatoriale; Portugees: Guiné Equatorial), amptelik die Republiek Ekwatoriaal-Guinee (Spaans: República de Guinea Ecuatorial, [reˈpuβlika ðe ɣiˈnea ekwatoˈɾjal], ; Frans: République de Guinée équatoriale, [ʁepyblik də ɡine ekwatoˈʁjal]; Portugees: República da Guiné Equatorial, [ʁɛˈpublikɐ dɐ giˈnɛ ˌekwɐtuɾiˈaɫ]), is 'n republiek geleë in Sentraal-Afrika met 'n oppervlakte van 28 000 vierkante kilometer. 'n Voormalige kolonie van Spaans-Guinee, en die onafhanklikheidsnaam is verleen aan die gebied waar dit geleë is, naby die Ewenaar, asook die Golf van Guinee. Ekwatoriaal-Guinee is die enigste soewereine land van Afrika waar Spaans die amptelike taal is. Volgens die 2024-skatting is die geraamde bevolking byna 1,8 miljoen.[3]
Ekwatoriaal-Guinee bestaan uit twee dele, afsonderlike eilande en die vastelandstreek. Die eilande van Ekwatoriaal-Guinee bestaan uit die eilande van Bioko (voorheen Fernando Pó) in die Golf van Guinee en die provinsie van Annobón, 'n klein vulkaniese eiland suid van die ewenaar. Bioko-eiland is die mees noordelike deel van Ekwatoriaal-Guinee en is die setel van die land se hoofstad Malabo. Die eilandstaat São Tomé en Príncipe lê tussen Bioko en Annobón. Die vastelandgebied Rio Muni grens aan Kameroen in die noorde en Gaboen aan die suide en die ooste. Dit is die gebied van Bata, Ekwatoriaal-Guinee se grootste stad, en Ojala, die land se beplande toekomstige hoofstad. Rio Muni sluit ook verskeie klein eilandjies in soos Corisco, Elobey Grande en Elobey Chico.
Sedert die middel-1990's het Ekwatoriaal-Guinee een van Afrika suid van die Sahara se grootste olieprodusente geword. Met 'n bevolking van meer as 750 000 is dit, per kapita, die rykste land in Afrika,[6] en sy Bruto binnelandse produk (BBP) per kapita is die 69ste grootste in die wêreld;[7] Die rykdom word egter baie oneweredig versprei en baie min mense baat by die olierykdomme. Volgens die Verenigde Nasies het minder as die helfte van die bevolking toegang tot skoon drinkwater en 20% van die land se kinders sterf voordat hulle vyf jaar oud is.
Die land se outoritêre regering spog met een van die swakste rekords vir menseregte in die wêreld en word permanent onder die "swakste onder die swakkes" van Freedom House se jaarlikse verslag oor politieke- en burgerregte gereken.[8] Verslaggewers Sonder Grense plaas president Teodoro Obiang Nguema Mbasogo onder hul "roofdiere" van persvryheid.[9] Mensehandel word veral uitgesonder in die Amerikaanse Trafficking in Persons Report van 2012, met verwysing dat: "Ekwatoriaal-Guinee 'n bron en bestemming is vir vroue en kinders waar hulle onderwerp word aan dwangarbeid en sekshandel." Die verslag plaas Ekwatoriaal-Guinee op "vlak 3" as 'n land op die laagste (slegste) vlak.