Empedokles | |
Gebore | ca. 490 v.C. Agrigentum, Sisilië |
---|---|
Oorlede | ca. 430 v.C. Berg Etna, Sisilië |
Vakgebied | Cosmogenesis en ontologie |
Bekend vir | Alle materie bestaan uit vier elemente: water, aarde, lug en vuur Die kosmiese beginsels van Philotes ("liefde") en Neikos ("afstoting")[1] |
Beïnvloed deur | Parmenides, Pythagoreanisme |
Invloed op | Gorgias, Aristoteles, Lucretius |
Empedokles (Grieks: Ἐμπεδοκλῆς) (Akragas, Sisilië, ca. 492 v.C. - Peloponnesos, ca. 432 v.C.) was 'n Griekse, pre-Sokratiese filosoof. Hy was 'n tydgenoot van Zenon van Elea, die 'n leerling was van Parmenides. Hy was 'n staatsman, digter, godsdiensleraar, redenaar, profeet, dokter, wonderdoener en wysgeer. Empedokles word met Herakleitos, Leucippus, Democritus en Anaxagoras gereken as 'n lid van die Griekse natuurfilosowe.
Taamlik volledige dele van sy didaktiese poësie het bewaar gebly. Empedokles se bydrae tot die filosofie bestaan nie soseer uit die afleiding van 'n nuwe teorie nie, maar uit die samevoeging van elemente van vroeë opvattings. Hy kombineer elemente uit die filosofië van Herakleitos en die Eleate. Hy staan onder sterk invloed van die Pythagorisme. So glo hy in sielsverhuising en was hy 'n vegetariër. Hy het homself as 'n god beskou.