| |||||
Volkslied: verskeie Hoofsaaklik: God Save the King (Engels vir: "God beskerm die koning") | |||||
Hoofstad | Londen | ||||
Grootste stad | Londen | ||||
Amptelike tale | Engels | ||||
Regering | Unitêre parlementêre grondwetlike monargie Charles III Keir Starmer | ||||
Onafhanklikheid Vorming
• Vereniging deur Athelstan • Normandiese verowering • Unie met Wallis • Unie van die Krone • Glorieryke rewolusie • Unie met Skotland |
10de eeu (tradisioneel 927) 1066–1088 1535–1542 24 Maart 1603 11 Desember 1688 1 Mei 1707 | ||||
Oppervlakte - Totaal - Water (%) |
130 310[1] km2 (1ste (VK)) 50 310 myl2 | ||||
Bevolking - 2022-skatting - 2021-sensus - Digtheid |
57 106 398[2] (1ste (VK)) 56 490 048[3] 438 / km2 (1ste (VK)) 1 134,4 / myl2 | ||||
BBP (nominaal) - Totaal - Per capita |
2020-skatting £2,162 biljoen[4] (1ste (VK)) | ||||
Geldeenheid | Pond sterling (£) (GBP )
| ||||
Tydsone - Somertyd |
GMT (UTC±0) BST (UTC+1) | ||||
Internet-TLD | .uk, .gb | ||||
Skakelkode | +44 | ||||
Beskermheilige: Sint Joris Nasionale blom: Tudorroos |
Engeland (Engels: England) is die grootste en bevolkingsrykste van die vier nasies wat saam die Verenigde Koninkryk vorm. Dit word in die noorde deur Skotland en in die weste deur Wallis begrens. Die Noordsee is oos, die Ierse See noordwes en die Keltiese See suidwes van Engeland geleë. Die Noordsee in die ooste en die Engelse Kanaal in die suide skei Engeland van die Europese vasteland.
Engeland beslaan die sentrale en suidelike dele van die Noord-Atlantiese eiland Groot-Brittanje. Meer as 100 kleiner eilande maak daarnaas deel uit van Engeland, waaronder die Scilly-eilande en die Eiland Wight.
Menslike gemeenskappe het hulle al in die Jongsteentydperk in die gebied gevestig wat tans as Engeland bekend staan, maar dit was die Angele, een van die Germaanse stamme wat hulle in die 5de en 6de eeu op die eiland gevestig het, wat hul naam aan die land verleen het. In 927 is die verskillende klein koninkryke in 'n gemeenskaplike Engelse Ryk verenig.
Vanaf die groot ontdekkingstydperk in die 15de eeu het Engeland beduidende kulturele, regtelike, ekonomiese en uiteindelik ook taalkundige invloed op ander wêrelddele uitgeoefen. Die Engelse regstelsel is net soos die Anglikaanse Kerk en die Engelse taal in ander lande oorgeneem, terwyl die Engelse parlementêre regeringstelsel as voorbeeld vir staatkundige bedelings in ander lande gedien het. Engeland was in die 18de eeu ook die bakermat van die nywerheidsomwenteling wat van hier na ander Europese en uiteindelik ook oorsese lande uitgebrei het en van Engeland die eerste nywerheidsland ter wêreld gemaak het.
Leidende Engelse nywerheidstede soos Manchester, Birmingham en Liverpool het grondstowwe, wat uit alle hoeke van die wêreld na Engeland ingevoer is, tot goedere verwerk wat wêreldwyd bemark is, terwyl Londen as hoofstad en regeringsetel tot een van die wêreld se voorste metropole en die politieke, ekonomiese en kulturele spilpunt van die Britse Ryk ontwikkel het. Vandag beslaan die metropolitaanse gebied van Groter Londen groot dele van Suidoos-Engeland en speel steeds 'n eersterangse ekonomiese rol as die finansiële spilpunt van Europa en as die sentrum van innovasie op 'n verskeidenheid terreine – veral populêre kultuur.