Ensiem

Menslike glioksalase I. Twee sinkione wat nodig is vir die ensiem om die reaksie te kataliseer (as pers sfere aangetoon), en 'n ensiemremmer genaamd S-heksielglutatioon word as 'n ruimtevullende model getoon, hulle vul die twee aktiewe plekke.

Ensieme is groot biologiese molekules, proteïene om spesifiek te wees, wat verantwoordelik is vir die duisende metaboliese prosesse wat lewe onderhou. [1][2] Hulle is hoogs selektiewe katalisators en versnel beide die tempo en spesifisiteit van metaboliese reaksies, van vertering van voedsel, tot die sintese van DNA. Ensieme het 'n spesifieke driedimensionele struktuur, en mag organiese (bv. biotien) of anorganiese (bv. magnesiumione) kofaktore wees wat help in katalise.

In ensiemreaksies, word die molekules aan die begin van die proses, die sogenaamde substrate, omskep in verskillende molekules, genaamd produkte. Byna al die chemiese reaksies in 'n biologiese sel benodig ensieme om plaas te vind teen 'n tempo voldoende vir lewe.

Aangesien ensieme selektief is vir hul substrate, bespoedig dit slegs 'n paar reaksies uit baie moontlikhede, die soort ensieme wat in 'n sel vervaardig is, bepaal watter metaboliese roetes sal plaasvind in die sel.

Soos alle katalisators, werk ensieme deur die verlaging van die aktiveringsenergie (Ea‡) vir 'n reaksie, daarmee verhoog die spoed van die reaksie dramaties. As gevolg hiervan word die produkte vinniger gevorm en reaksies bereik hul ewewig vinniger. Die meeste ensiemreaksies is miljoene keer vinniger as dié van vergelykbare nie-gekataliseerde reaksies.

Soos met alle katalisators, word ensieme nie verteer deur die reaksies wat hulle kataliseer nie, en verander hulle ook nie die ewewig van hierdie reaksies nie. Ensieme verskil egter van die meeste ander katalisators in dat hulle hoogs-spesifiek is vir hul substrate.

Dit is reeds bekend dat ensieme meer as 4 000 biochemiese reaksies kataliseer [3] 'n Paar RNS molekules het ook die vermoë om reaksies te kataliseer, hulle staan bekend as ribosieme, 'n belangrike voorbeeld is die funksionering van sommige dele van die ribosoom. [4][5]

Sintetiese molekules genoem kunsmatige ensieme vertoon ook ensiem-agtige katalise. [6]

  1. Smith AL (Ed) (1997). Oxford dictionary of biochemistry and molecular biology. Oxfordshire: Oxford University Press. ISBN 0-19-854768-4.
  2. Grisham and Garrett (1999). Biochemistry. Philadelphia: Saunders College Pub. pp. 426–7. ISBN 0-03-022318-0.
  3. (en) Bairoch A. (2000). "The ENZYME database in 2000" (PDF). Nucleic Acids Res. 28 (1): 304–5. doi:10.1093/nar/28.1.304. PMC 102465. PMID 10592255. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 1 Junie 2011. Besoek op 13 Januarie 2014.{{cite journal}}: CS1 maint: bot: original URL status unknown (link)
  4. (en) Lilley D (2005). "Structure, folding and mechanisms of ribozymes". Current Opinion in Structural Biology. 15 (3): 313–23. doi:10.1016/j.sbi.2005.05.002. PMID 15919196.
  5. Cech T (2000). "Structural biology. The ribosome is a ribozyme". Science. 289 (5481): 878–9. doi:10.1126/science.289.5481.878. PMID 10960319.
  6. (en) Groves JT (1997). "Artificial enzymes. The importance of being selective". Nature. 389 (6649): 329–30. doi:10.1038/38602. PMID 9311771.

Developed by StudentB