Era | Periode | Epog | Tyd gelede (in miljoen jaar) |
---|---|---|---|
Kainosoïkum | Kwartêr | Holoseen | 0 - 0,0117 |
Pleistoseen | 0,0117 - 2,588 | ||
Neogeen | Plioseen | 2,588 - 5,333 | |
Mioseen | 5,333 - 23,03 | ||
Paleogeen | Oligoseen | 23,03 - 33,9 | |
Eoseen | 33,9 - 56,0 | ||
Paleoseen | 56,0 - 65,5 | ||
Mesosoïkum | Kryt | Laat | ouer |
Die Eoseen is 'n tydperk in die geologiese tydskaal tussen 55,8 tot 33,9 miljoen jaar gelede. Die Eoseen kom na die Paleoseen en voor die Oligoseen.
Die woord is van Grieks afgelei: έως (eos) = daeraad; καινός (kainós) = nuwe; oftewel die daeraad van die nuwe.
In die Eoseen was altwee die pole in die oseean en was daar baie min landys. Die seevlak was hoog en die temperature is ook baie hoog. In die Vroeë Eoseen bereik die temperatuur 'n maksimum en neem dan stadig af.