Erasmusprys
| ||
Kenteken van die Erasmusprys | ||
Toegeken vir | Noemenswaardige bydrae tot die Europese kultuur, samelewing of sosiale wetenskap | |
Borg | Praemium Erasmianum-stigting | |
Land | Nederland | |
Eerste toekenning | 1958 | |
Webtuiste | erasmusprijs.org |
Die Erasmusprys is een van Europa se mees gesogte eerbewyse. Die Nederlandse Praemium Erasmianum-stigting ken dit jaarliks toe aan mense of instellings wat 'n buitengewoon belangrike bydrae op kulturele, maatskaplike of sosiaal-wetenskaplike gebied gelewer het. Die prys is na die Nederlandse Renaissance-humanis Desiderius Erasmus genoem. Die prysgeld beloop tans (2015) €150,000.
Die Erasmusprys van 2015 is aan die Wikipedia-gemeenskap toegeken.