Eredivisie | |
2023–24 Eredivisie | |
Kenteken van die Eredivisie
| |
Sportsoort | Sokker |
---|---|
Gestig | 1956 |
Eienaar | KNVB |
Inwydingseisoen | 1956 |
Deelnemende lande | Nederland |
Aantal spanne | 18 |
Mees onlangse kampioen | Feyenoord (2023–24) |
Verwante kompetisies | Eerste Liga Tweede Liga Derde Liga Hoofdklasse Eerste klasse |
Die Eredivisie is die hoogste sokkerafdeling in Nederland in die betaalde manskompetisie wat deur die KNVB georganiseer word.
Die eredivisie bestaan uit 18 klubs. Elke klub speel twee keer per seisoen teen mekaar – een weg- en een tuiswedstryd. Teen die einde van die seisoen word die onderste span gerelegeer (afgeskuif) na die Eerste Liga (tweede vlak van Nederlandse sokker). Die nommers 17 en 16 moet in die Nacompetitie speel om in die Eredivisie te bly. Die wenner van die Eerste Liga word gepromoveer na die eredivisie.