| |||||
Volkslied: Mu isamaa, mu õnn ja rõõm (Esties vir: "My vaderland, my trots en vreugde") | |||||
Hoofstad | Tallinn | ||||
Grootste stad | Tallinn | ||||
Amptelike tale | Esties[1] | ||||
Regering | Unitêre parlementêre grondwetlike republiek Alar Karis Kristen Michal | ||||
Onafhanklikheid • Selfregering verklaar
• Onafhanklikheid verklaar • Amptelik erken • 1ste Sowjet-besetting • Nazi-Duitse besetting • 2de Sowjet-besetting • Onafhanklikheid herstel • Huidige grondwet |
van die Russiese Ryk 12 April 1917 24 Februarie 1918 2 Februarie 1920 1940–1941 1941–1944 1944–1991 20 Augustus 1991 28 Junie 1992 | ||||
Oppervlakte - Totaal - Water (%) |
45 228[2] km2 (132ste) 17 463 myl2 5,16 (2015)[3] | ||||
Bevolking - 2024-skatting - 2021-sensus - Digtheid |
1 193 791[2] (160ste) 1 331 824[4] 26,4 / km2 (148ste) 68,4 / myl2 | ||||
BBP (KKP) - Totaal - Per capita |
2024-skatting | ||||
BBP (nominaal) - Totaal - Per capita |
2024-skatting | ||||
MOI (2022) | 0,899[6] (31ste) – baie hoog | ||||
Gini (2023) | 31,8[7] – medium | ||||
Geldeenheid | Euro (€) (EUR )
| ||||
Tydsone - Somertyd |
OET (UTC+2) OEST (UTC+3) | ||||
Internet-TLD | .ee, .eu | ||||
Skakelkode | +372 |
Estland (Esties: Eesti, [ˈeːsti], ), amptelik die Republiek Estland (Eesti Vabariik), is 'n land in Noord-Europa, wat in die weste begrens word deur die Oossee, in die noorde deur die Finse Golf, in die ooste deur Rusland en in die suide deur Letland. Dit is die mees noordelike en die kleinste van die drie Baltiese lande. Estland bestaan hoofsaaklik uit bosryke heuwellande met talle mere, vleie en moerasgebiede. Inwoners praat oorwegend Esties wat nou verwant is aan Fins en – in teenstelling met die ampstale van Letland en Litaue – deel uitmaak van die Fins-Oegriese taalgroep.
Estland is eeue lank deur Europese moondhede soos die Duitse Orde, Denemarke, Swede, Pole, Rusland en die Sowjetunie oorheers en het – ná 'n kortstondige periode as 'n onafhanklike staat tussen die twee wêreldoorloë – saam met die ander twee Baltiese lande, Letland en Litaue, in 1991 sy onafhanklikheid verklaar. Vanweë sy geografiese ligging en historiese bande met Sentraal- en Noord-Europa het Estland homself steeds as 'n voorpos van die westerse beskawing beskou. Sy huidige buitelandse beleid word dan ook deur sy nou bande met Finland en Skandinawiese lande asook sy lidmaatskap in die Noord-Atlantiese Verdragsorganisasie (NAVO), die Europese Unie, die OESO en die OVSE oorheers.
In die 13de eeu is die kerstening van Estland vanuit Denemarke deurgevoer, en die land is later deur die Duitse Orde oorheers, terwyl Duitse koopmans van die Hansebond handelskantore in Lyfland, die huidige Letland en Estland geopen het. Tallinn, wat deur die Duitsers Reval genoem is, het net soos Narva, Tartu (Dorpat), Pärnu (Pernau) en Viljandi (Fellin) tot 'n bloeiende Hansestad ontwikkel.
In die 16de en 17de eeu het Pole, Swede en Russe pogings onderneem om Estland by hulle magsgebied in te lyf. Dit was Rusland wat uiteindelik oorwinning behaal het. Alhoewel Estland in 1917/1918 sy onafhanklikheid van Rusland bereik het, is die land as gevolg van die sogenaamde Hitler-Stalin-ooreenkoms van 1939 weer by die Sowjet-invloedsfeer ingelyf en in 'n Sowjetrepubliek omgeskep. Ná die Duitse besetting tydens die Tweede Wêreldoorlog is Estland met geweld gesowjetiseer, en duisende Estiese burgers het uit die land gevlug of is na Siberië gedeporteer. Talle inwoners is deur die nuwe bewindhebbers vermoor, en uiteindelik het Estland sowat 'n kwart van sy oorspronklike bevolking kwytgeraak, terwyl honderdduisende Russiese immigrante hulle in die land gevestig het. Vandag is sowat 72 persent van die totale bevolking etniese Estlanders.
Met die sogenaamde "Singende Rewolusie" in die tydperk tussen 1989 en 1991 het Estland tydens die ontbinding van die Sowjetunie sy kans waargeneem om sy onafhanklikheid te herwin. Die nuwe onafhanklike Republiek van Estland is op 20 Augustus 1991 geproklameer, en Estland het 'n lidland van die Verenigde Nasies geword.