| |||||
Nasionale leuse: Rerevaka na Kalou ka Doka na Tui (Fidjiaans vir: "Vrees God en eer die Koningin") | |||||
Volkslied: God Bless Fiji (Engels vir: "God seën Fidji") | |||||
Hoofstad | Suva | ||||
Grootste stad | Suva[1] | ||||
Amptelike tale | Engels, Fidjiaans en Fidjiaanse Hindi[2] | ||||
Regering | Unitêre parlementêre grondwetlike republiek Naiqama Lalabalavu Sitiveni Rabuka | ||||
Onafhanklikheid | 10 Oktober 1970 7 Oktober 1987 6 September 2013 | ||||
Oppervlakte - Totaal - Water (%) |
18 274[3] km2 (156ste) 7 056 myl2 feitlik geen | ||||
Bevolking - 2024-skatting - 2017-sensus - Digtheid |
951 611[3] (163ste) 884 887[4] 52,1 / km2 (148ste) 134,9 / myl2 | ||||
BBP (KKP) - Totaal - Per capita |
2024-skatting | ||||
BBP (nominaal) - Totaal - Per capita |
2024-skatting | ||||
MOI (2022) | 0,729[6] (104de) – hoog | ||||
Gini (2019) | 30,7[7] – medium | ||||
Geldeenheid | Dollar (FJD )
| ||||
Tydsone - Somertyd |
FJT (UTC+12) FJST[8] (UTC+13[9]) | ||||
Internet-TLD | .fj | ||||
Skakelkode | +679 |
Fidji (Engels: Fiji, [ˈfiːdʒiː], ; Fidjiaans: Viti, [ˈβitʃi]; Fidjiaanse Hindi: फ़िजी, Fijī), amptelik die Republiek Fidji (Engels: Republic of Fiji;[10] Fidjiaans: Matanitu Tugalala o Viti;[11] Fidjiaanse Hindi: फ़िजी गणराज्य,[12] Ripablik ăph Phījī), is 'n eilandstaat in die Stille Oseaan en Oseanië met 'n oppervlakte van 18 274 km². In 2024 het dit 'n bevolking van 951 611 gehad. Fidji bestaan hoofsaaklik uit die twee eilande Viti Levu en Vanua Levu, asook omliggende eilandjies, met die Korosee binne-in.[3]
Fidji is in die ooste van Vanuatu en Nieu-Kaledonië, in die suidooste van die Salomonseilande, in die suide van Tuvalu en Wallis en Futuna, in die weste van Tonga en in die noorde van Nieu-Seeland geleë. Die hoofstad en grootste stad is Suva.
Die Nederlandse ontdekkingsreisiger Abel Tasman het in 1643 die eerste Europeër geword wat Fidji bereik het. Fidji het in 1874 'n Britse kolonie geword en die Britte het kontrakwerkers vir die suikerplantasies uit Brits-Indië ná Fidji geneem. Op 10 Oktober 1970 het Fidji sy onafhanklikheid verkry van die Verenigde Koninkryk en op 7 Oktober 1987 ná verskeie staatsgrepe 'n republiek geword. Fidji is 'n unitêre parlementêre grondwetlike republiek binne die Britse Statebond met 'n president as staatshoof.