Firefox | |
Firefox 57 op Windows 10
| |
Ontwikkelaar | Mozilla-stigting/Mozilla Corporation |
---|---|
Nuutste weergawe | 132.0.2[1] / 12 November 2024 |
Nuutste betaweergawe | 133.0b9[2] / 15 November 2024 |
Programmeertaal | C++, JavaScript, C, Rust |
Bedryfstelsel | Windows, OS X, Linux |
Beskikbaar in | Afrikaans en baie andere tale |
Kategorie | Webblaaier |
Lisensie | MOL, MOL/GPL/LGPL trilisensie |
Webblad | www |
Mozilla Firefox, meer eenvoudig bekend as Firefox (oorspronklik bekend as Phoenix en kortliks as Mozilla Firebird) is 'n vrye kruis-platform-webblaaier wat deur die Mozilla-stigting en honderde vrywilligers ontwikkel word. Dit is meer as vyf miljoen keer in die eerste 12 dae ná die vrystelling van weergawe 1.0 afgelaai, en meer as 20 miljoen keer in minder as 11 weke daarna. Dit maak Firefox een van die mees populêre, gratis oopbronprogramme, veral onder tuisgebruikers.
Met Firefox beoog die Mozilla-stigting om 'n klein, vinnige, eenvoudige en hoogs uitbreibare webblaaier te ontwikkel wat onafhanklik van die Mozilla-suite staan. Firefox het die fokus van Mozilla-ontwikkeling geword, tesame met die Mozilla Thunderbird e-posleser, en het die Mozilla-suite vervang as die amptelike blaaier van die Mozilla-stigting.