Fondsrekeningkunde word tipies toegepas wanneer 'n verskaffer van finansiering sekere beperkinge plaas op die gebruik van die fondse deur die ontvanger daarvan. Ten einde te verseker dat die fondse aangewend word in ooreenstemming met die vereistes van die skenker of die befondser (soms die Wet), word fondsrekeningkunde dikwels gebruik.[1][2] Dit beklemtoon verantwoording eerder as winsgewendheid, en word dus in die algemeen gebruik deur organisasies sonder winsoogmerk (soos universiteite), regeringsinstellings, klubs, ens. Hiervolgens bestaan 'n fonds uit 'n self-balanserende versameling rekeninge en word elke fonds as onbeperk, tydelik beperk of permanent beperk, na gelang van die vereistes, aangedui.
Die term fondsrekeningkunde word soms ook gebruik vir die rekeningkunde wat vir beleggingsportefeuljes, soos aandele, kommoditeite en / of vaste eiendom gehou in 'n beleggingsfonds soos 'n onderlinge fonds of verskansingsfonds, gebruik word.[3][4] Dit is egter nie dieselfde as die fondsrekeningkunde wat vir organisasies sonder winsoogmerk of regeringsinstellings gebruik word nie.