Georgies ქართული ენა, kartoeli ena | ||
---|---|---|
Gepraat in: | Georgië Armenië Azerbeidjan Griekeland Iran Rusland Turkye | |
Gebied: | Kaukasus | |
Totale sprekers: | 4,3 miljoen[1] | |
Taalfamilie: | Kartwelies Georgies | |
Skrifstelsel: | Georgiese skrifte | |
Amptelike status | ||
Amptelike taal in: | Georgië | |
Gereguleer deur: | Instituut van Georgies | |
Taalkodes | ||
ISO 639-1: | ka
| |
ISO 639-2: | kat
| |
ISO 639-3: | kat
| |
Nota: Hierdie bladsy kan IFA fonetiese simbole in Unicode bevat. |
Georgies (ქართული ენა, kartoeli ena) is ’n Kartweliese taal wat deur sowat 4,3 miljoen mense in Georgië, Armenië, Azerbeidjan, Griekeland, Iran, Rusland en Turkye gepraat word. Georgies is die amptelike taal van Georgië.
Die taal word in drie unieke skrifte, die Georgiese skrifte, geskryf. Dit is die letterkundige taal van al die streeksubgroepe van die Georgiërs, ook dié wat ander Kartweliese tale praat: die Swan, Megreliërs en Laz.